

ADVERTISEMENT:

News Date: 28 August 2009
‘n Besoeker van Polokwane het ‘n vreemde ondervinding gehad met ‘n “dowe” munisipale amptenaar wat hy nie kon identifiseer nie, omdat hy nie ‘n naamplaatjie gedra het nie.
Michael Landman (18) het ‘n amptenaar van die Makhado Munisipaliteit gevra vir ‘n vorm om ‘n afspraak te maak vir sy rybewys, maar die amptenaar het na sy ore gewys soos ‘n persoon wat doof is.
Michael, wat gereeld dowe mense help, het dadelik oorgeskakel na gebaretaal.
“Die amptenaar was nie in staat om gebaretaal te verstaan of te praat nie. Hy het ‘n papier en ‘n pen aangegee. Toe die persoon agter my met hom praat, toe reageer hy skielik en kan hy hoor. Ek het gesê ‘Dit is ‘n wonderwerk, jy kan nou hoor!’ ” sê Michael.
Die amptenaar het hom steeds geïgnoreer, waarop Michael weer die vorm versoek het en in Engels op die papier geskryf het Moenie ‘n rassis wees nie, ek is ook ’n Suid-Afrikaner. Die amptenaar het omgedraai en weggestap, sonder om Michael verder te help.
Die voorval kom te midde van munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bobodi, se versekering in verlede week se Zoutpansberger dat alle amptenare aangesê is om hul naamplaatjies te dra en dat daar drasties teen hulle opgetree gaan word sou hulle dit nie doen nie. In hierdie geval verg dit nou eers ‘n proses wat Michael se ma moet volg, omdat die amptenaar nie ‘n naamplaatjie gedra het nie.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
