

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 September 2009
“Dit was ‘n inbreker met ‘n goeie kennis van sekuriteitstelsels,” was die kommentaar vandeesweek by Checkers op Louis Trichardt, waar die glas voordeur vermoedelik Maandagnag stukkend geslaan is om toegang te verkry.
Die veiligheidsglas is in ‘n netjiese groot sirkel met ‘n glassnyer gesny en ‘n gat van nagenoeg een meter in deursnee deurgebreek.
Die posisie en vlak van die gat was presies reg om die sekuriteitsensor se “oog” te ontglip – ook toe daar binne in die winkel, vermoedelik gebukkend, om die lekkergoedtoonbank na die sigaretterak daaragter beweeg is.
Geen alarm is in die hele proses geaktiveer nie en die voltydse veiligheidswag in die betrokke sentrum het ook geen onraad bemerk nie.
Die inbraak is Dinsdagoggend omstreeks oopmaaktyd ontdek.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
