ADVERTISEMENT:

 

Is ‘n “boere-tolpad” dalk die oplossing?

 

News  Date: 11 September 2009

 

Is ‘n “boere-tolbrug” oor die Lutanandarivier op die pad na Thohoyandou dalk die antwoord op die voortslepende krisis wat veroorsaak word deur dié strategiese brug wat nou al bykans ‘n jaar lank wag op herstel?

Toenemende druk word ondervind op paaie in Levubu wat nie gebou is vir die swaar verkeer wat hulle moet hanteer sedert die brug op die hoofroete tussen Louis Trichardt en Thohoyandou einde verlede jaar inmekaar getuimel het nie. Die brug het bloot inmekaargesak, vermoedelik weens skade wat in die vloede agt jaar tevore aangerig is en nooit die nodige aandag gekry het nie.

Sedert November verlede jaar, toe die brug inmekaargesak het, word die totale hoofroete verkeer tussen Louis Trichardt en Thohoyandou deur Levubu herlei. Dit bring toenemende ongerief en opvallende verweer van die paaie mee, wat nie ontwerp is om sulke swaar verkeer te dra nie.

Ná bykans ‘n jaar is nog geen herstelwerk aan die brug gedoen nie. Tenders vir die herstelwerk is betreklik onlangs eers uitgesit.

Op die jongste raadsvergadering van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie is opgemerk dat die herstelwerk reeds ‘n geruime tyd gelede voltooi kon gewees het, as die Levubu boere self die werk verrig het.

“Dan kan ons sommer tolgeld daar hef om die kostes te verhaal,” is in ligter luim opgemerk.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines