

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 September 2009
‘n Jong man van Musina kan homself gelukkig ag om nog te leef, nadat hy Saterdagmiddag, 12 September, met sy motorfiets in ‘n hoë-impak ongeluk met ‘n voertuig betrokke was op die N1 noord.
Die 31-jarige mnr. Brendon Gaertz, ‘n werknemer van De Beers op Musina, was onderweg na Louis Tri-chardt om vir vriende te kom kuier, toe hy by die Nzhelele-afdraai in ‘n ongeluk met ‘n voertuig betrokke was. Die ongeluk het omstreeks 15:00 plaasgevind.
Weens die ernstige aard van sy beserings moes hy per ambulans-helikopter na die privaathospitaal in Polokwane afgevoer word vir mediese behandeling. Sy regterbeen moes ure na die ongeluk onder die knie afgesit word weens onherstelbare skade. Daarbenewens het hy ook sy regter dybeen, regterheup en regterarm (op drie plekke) gebreek. Die voorste lit van sy regterwysvinger, is ook in die ongeluk afgeruk.
“Hy is steeds in erge pyn,” het Gaertz se ma, mev. Tracy Beyers van Villiers in die Vrystaat, Woensdag gesê. Sy waak steeds by sy bed. Hy is intussen vanuit die waakeenheid na ‘n gewone saal oorgeplaas. Die wond waar hulle sy regter onderbeen afgesit het, was teen Woensdag steeds oop, om die bloeding te help dreineer. Volgens Beyers sou hulle Donderdag sy regterarm opereer.
“Hy onthou elke ding wat tydens die ongeluk gebeur het. Hy het nooit sy bewussyn verloor nie,” sê Beyers.
Omdat Gaertz ‘n diabeet is, vat die liggaam langer om te herstel. Volgens Beyers lê daar nog ‘n lang pad van gesondword voor vir haar seun. Hy sal eers voldoende moet herstel, voordat hy uit die hospitaal ontslaan word, waarna hy sal begin met terapie.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
