ADVERTISEMENT:

 

Landdros Jan du Plessis van Louis Trichardt (regs agter), sal tot 17 Oktober die baie klein binnekant van ‘n Peugeot 107 met drie ander passasiers moet deel in Jacaranda RMFM se Live Inside Win the Ride-kompetisie. Foto verskaf

Landdros “hok” homself in om kar te probeer wen

 

News  Date: 09 October 2009

 

‘n Bekende landdros van Louis Trichardt het die ondenkbare gedoen en saam met ‘n spul wildvreemde mense in ‘n voertuig geklim vir ‘n “verblyf” van twee weke.

In hierdie geval kan hy darem die kans staan om ‘n splinternuwe Peugeot 107 ter waarde van R125 000 te wen.

Jan du Plessis (38) wat ook ‘n kleinboer is en selfs al aan die Comrades marathon deelgeneem het, het nou ‘n uitdaging van ‘n ander kleur aangepak. Hy het die afgelope Saterdag by die Savannah Mall in Polokwane vir die Jacaranda RMFM se Live Inside Win the Ride-kompetisie aangemeld.

Met net die klere aan sy lyf, het Jan saam met vier ander karmaats in hulle nuwe tuiste vir die volgende twee weke, ‘n Peugeot 107, ingetrek. Die deelnemer wat dit die langste uithou, sal met die Peugeot huis toe gaan.

Die bekende radiostasie het vyf van hulle luisteraars uitgedaag om in die beknopte ruimte van die Peugeot in te trek tot en met 17 Oktober. Daar is net een reël - alles wat in die motor gaan, bly in die motor.

Jan deel die beperkte spasie met Katryn Smit (49), Moloko Magoshoa (30) en Ryan Paulsen (23). Die vyfde deelnemer, Kobus Marais, moes om besigheidsredes na die tweede dag huis toe gaan.

Deelnemers is ook aan die genade van Jacaranda se aanbieders en luisteraars uitgelewer.

Hulle moet van tyd tot tyd uitspattige en lagwekkende take uitvoer wat vir hulle uitgedink word deur die luisteraars.

Luisteraars sal ook na die eerste week die geleentheid gegun word om vir hulle gunsteling deelnemer te stem. Sou daar op 17 Oktober net twee deelnemers in die voertuig oor wees, sal luisteraars moet stem vir die wenner.

Alle deelnemers word verplig om twee keer ‘n dag te oefen, maar andersins word hulle net een uur per 24 uur siklus buite die Peugeot toegelaat.

‘n Vriendin van Jan, Marlene van Vreden het intussen ‘n ondersteuningsgroep vir Jan begin op die bekende geselsnetwerk, Facebook. Sy het inwoners aangemoedig om by die groep aan te sluit en vir Jan te stem. Die groep se naam is Help Jan win a car on Live Inside Win the Ride.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines