ADVERTISEMENT:

 

“Dit is of landbou of mynbou,” sê boere

 

News  Date: 09 October 2009

 

Die landbousektor van die streek het hulle weereens onomwonde uitgespreek teen die beoogde steenkoolmyn noord van die Soutpansberg.

Lede van die boereverenigings van Waterpoort en die Levubuvallei het sterk standpunt ingeneem teen mynbou in die omgewing tydens ‘n vergadering van die Soutpansberg Sakekamer op 6 Oktober.

“Dit is of landbou of mynbou,” het mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie gesê.

“Ons gaan dit teenstaan. Steenkoolmynbou is marginale mynbou wat 20 tot 40 jaar duur en landbou is al die afgelope 100 jaar hier aan die gang. Die bron van die grondwater noord van die berg is die berg self en alle water sal deur die myngroewe beïnvloed word,” sê Hoffman.

Mnr. Bertus Otto van die Waterpoort Boerevereniging het gesê dat 62 van hulle 91 lede teenwoordig was by hulle vergadering waarop hulle eenparig besluit het teen die mynbou-aktiwiteite. Die grondbesitters in Waterpoort was aanvanklik glad nie deur die mynmaatskappy geken nie.

“Daardie mense het nie ‘n erewoord nie. Hoe kan hulle ons water waarborg? Wat doen ‘n wildboer as jou water vergiftig is?” het mnr. Otto gesê.

Die lede van die landbousektor van Waterpoort en Levubu het hul standpunte kom weergee aan die Soutpansberg Sakekamer. Slegs Sakekamerlede sou vir of teen die mynbou-ontwikkeling kon stem indien die saak tot stemming gebring sou word.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines