ADVERTISEMENT:

 

“Ek glo nie jy moet bestuur nie”

 

News  Date: 09 October 2009

 

In antwoord op die brief “Dorp het sy kwota padvarke” in die Zoutpansberger van 1 Oktober.

Mevrou, ek glo nie jy behoort te bestuur nie. Eerstens, as jy my ken, kom spreek my! (Jy is veronderstel om links te ry sodat vinnige motors regs verby kan gaan.) Die konsuise “man” was ‘n vrou en as jy haar “ken” sal jy weet dat sy nie lelike tekens wys nie, maar toe jy toet het sy net vir jou ‘n jammer waai gegee, waarna jy jou arms vreeslik rondgeswaai het. Nie dat jy dit hoef te weet nie, maar daar was ‘n noodgeval en ons was haastig!

Ons het wel opgelet dat jy versnel het toe ons ons flikker aangesit het, sodat ons nie kon verbygaan nie, laat my dink ... toemaar. Dink jy nie jy is ‘n gevaar vir die pad nie? Jy kon sien dat dit twee dames was, so ek glo die tekens het jy sommer opgemaak, want jy was kwaad. Sover dit die afstand-kwessie betref, ja ons het ingedruk, maar daar was meer as genoeg plek!

So, geskokte mevrou, jy bring die onaangenaamheid oor jouself en sover dit by onopgevoed, ongeskik en ongemanierd kom, dink ek jy moet maar eerder stilbly, want jy ken my nie. My voorstel – laat toets jou oë!

- Bekommerde inwoner van Louis Trichardt

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines