ADVERTISEMENT:

 

‘n Naweek se wegbreek het tragies geëindig vir vier vriende van die dorp. Franco Kruger (27) is oorlede na ‘n gru-motorongeluk op Sondagaand. Sy vrou, Lanie, het ook ernstige kopbeserings opgedoen en is steeds in ‘n kritieke toestand in die MediClinic in Polokwane. Die egpaar se vriende, Nardus en Marietjie Barnard, wat saam met hulle onderweg na die dorp was, het ligte beserings opgedoen. Agter is Lanie en Franco Kruger, saam met hulle tweejarige seuntjie, Ruben, tydens Nardus en Marietjie (voor) se troue vroeër die jaar. Foto verskaf.

Naweekuitstappie eindig in tragedie

 

News  Date: 16 October 2009

 

‘n Naweekblaaskans het in ‘n tragedie geëindig vir van die dorp se jong inwoners, nadat ‘n noodlottige ongeluk Sondagaand die lewe van mnr. Franco Kruger (27) geëis het.

Die ongeluk het omstreeks 23:00 naby die Nylplaza tolhek plaasgevind.

Franco en sy vrou, Lanie, asook die egpaar se vriende Nardus en Marietjie Barnard, was op pad terug Louis Trichardt toe, toe Franco se bakkie met ‘n stilstaande voertuig gebots het. Hulle het die naweek na die Huisgenoot Skouspel vertoning gaan kyk.

‘n Geskokte Nardus het vandeesweek vertel dat hy teenoor Franco opgemerk het dat daar ‘n ongeluk was. Sy woorde was skaars koud, toe hulle tromp-op in die voertuig vasgejaag het wat dwars oor die pad gestaan het. Die bestuurder van die ander voertuig was oomblikke tevore in ‘n ander botsing betrokke en het nog nie sy noodligte aangeskakel nie.

Met die trefslag het Franco se bakkie deur die lug getrek en is Lanie uit die motor geslinger. Franco het ernstige kop- en nekbeserings opgedoen en het later in die ambulans aan sy be-serings beswyk.

Lanie is ná die ongeluk na die waakeenheid van die MediClinic in Polokwane oorgeplaas, ook met ernstige kopbeserings. Teen druktyd was haar toestand steeds kritiek. Sy is onder swaar verdowing, met kwaai drukking op die brein.

Nardus en sy vrou Marietjie het ligter beserings opgedoen, alhoewel Martjie ‘n operasie moes ondergaan om haar erg- gebreekte gewrig te herstel. Haar een oogkas is ook gekraak. Voorlopige toetse wat gedoen is, wys dat haar visie nie aangetas is nie. Nardus het ligte snye en skrape opgedoen. Beide is reeds ontslaan en te-rug by die huis.

Franco se skielike dood het as ‘n groot skok gekom vir al sy vriende en familie op Louis Trichardt. Sy vriende sal hom onthou as ‘n persoon met ‘n groot hart, wat altyd almal gehelp het.

“Hy het altyd gesê hy het nie vriende nie, maar broers,” het Nardus ver-tel.

Franco was vir die afgelope jaar en ‘n half werksaam by die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) as die streeksbestuurder. Hy het ook saam met Nardus krieket gespeel in die dorp liga vir die Cobras.

Franco en Lanie het hulle sowat ‘n jaar en ‘n half terug op die dorp gevestig en Lanie het op 1 September by Salon Lu-iz as haarkapster begin werk. Franco laat sy vrou, Lanie, en hul seun, Ruben (2) agter. Geen begrafnisreëlings was teen druktyd bekend nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines