ADVERTISEMENT:

 

Wyle Jopie Venter (45).

Sagmoedige Jopie sterf na skielike hartaanval

 

News  Date: 16 October 2009

 

Inwoners van die Soutpansberg het met groot hartseer verneem van die skielik dood van mnr. Jopie Venter van Louis Trichardt.

Die 45-jarige Jopie is Maandag net na agtuur die aand aan ‘n hartaanval oorlede. In lewe was hy ‘n bekende gesig by Bavaria Motors en daarna by Werda Motors op Louis Trichardt. Ongeveer drie jaar gelede het hy en ‘n boesemvriend van hom, mnr. Paul de Plessis, die onderneming Workzone in Joubertstraat geopen. In hengelgeledere sal Jopie onthou word vir sy betrokkenheid as eienaar van die Fish Eagle Caravan & Camping-oord by die Nandonidam. Sedert hy en sy eggenoot, Ronélle, sowat twee jaar gelede die oord geopen het, het menige van die streek se hengelaars eerstehands Jopie se vriendelikheid en hulpvaardigheid ervaar.

“Vroue kan net droom van ‘n man soos hy. Hy was die dierbaarste, sagste mens wat ek ooit geken het. Ons was so gelukkig saam. Ek was baie lief vir hom en sal hom altyd in my hart dra,” het Ronélle Woensdag gesê. Sy en Jopie is in 2001 getroud en was tot sy skielik dood vir 24 jaar saam.

“Geen moeite was vir hom te veel nie. Jy kon altyd op hom staatmaak, dag en nag ... hy was altyd die een wat ons visse van die hoeke afgehaal het. Ons het dit nooit gedoen nie,” onthou suster Chrissie haar broer.

Jopie het diep spore in die Soutpansberg-gemeenskap getrap.

“Ek kan nie glo so baie mense het hom geken nie,” sê Ronélle.

‘n Roudiens word Vrydag om 11:00 vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente gehou. Hy word oorleef deur sy vrou, ma Jenny, suster en broer Willie.

(Hengelaars van die streek word daarvan in kennis gestel dat alle beplande hengelkompetisies by die Fish Eagle Caravan & Camping-oord soos normaal voortgaan)

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines