ADVERTISEMENT:

 

Ruan Welman en Ilna van Wyk is een van die top 10 finalis-paartjies in Top Billing op SABC3 se Win a Wedding-kompetisie. Foto verskaf.

Jong paartjie het hul oog op droomtroue

 

News  Date: 16 October 2009

 

‘n Jong paartjie van Louis Trichardt, Ruan Welman en Ilna van Wyk, het hul oog op ‘n droomtroue, nadat hulle aangewys is as een van die top 10 finalis-paartjies in Top Billing op SABC 3 se Win a Wedding-kompetisie.

Alhoewel Ruan en Ilna in Polokwane woon, is hul hart en siel Soutpansbergers met beide wat hier op laer- en hoërskool was. Ruan was in Laerskool Louis Trichardt en Ilna in Laerskool Soutpansberg.

Die tweetjies het mekaar die eerste keer in Graad 8 (Standerd 6) in Hoërskool Louis Trichardt ontmoet. Van meet af was die twee beste vriende en het alles saamgedoen. Dit was egter eers in Graad 10 (Standerd 8) wat hulle besef het hulle voel meer vir mekaar as om bloot net vriende te wees en vandaar het die liefde geblom.

Die paartjie het in 2003 gematrikuleer en skielik het die realiteit van die “grootmens-wêreld” hulle getref. Ruan het besluit om verder te gaan studeer in Potchefstroom, wat beteken het dat die tweetjies mekaar miskien een keer ‘n maand gesien het. Na ‘n jaar het Ruan egter sy studies opgeskort en teruggekeer na Louis Trichardt.

Beide het die plaaslike arbeidsmag betree, met Ilna wat by Africon begin werk het en Ruan by Sheldon & Prinsloo. Later het Ruan besluit om sy studies voort te sit en oor ‘n tydperk van vier jaar sy B Comt Rekeningkunde-graad deur Unisa verwerf.

Ruan het in Januarie vanjaar besluit om na Polokwane te verhuis om nader aan Ilna te wees, wat reeds sedert Februarie 2006 daar werksaam is.

Die trouklokke het in Maart hierdie jaar begin lui, toe Ruan op die sesde van daardie maand, tydens ‘n kersligete, vir Ilna gevra het om te trou. Die twee was toe al vir agt jaar saam. Ilna se antwoord was ja!

Ruan en Ilna spaar tans elke moontlik sent in voorbereiding op hul troue. Hul “spaardae” kan dalk binnekort iets van die verlede wees, sou hulle daarin slaag om die Win a Wedding-kompetisie te wen, aangesien die prys ‘n droomtroue ter waarde van R500 000 is! Om meer uit te vind oor die kompetisie en die twee verliefdes, kyk Donderdag om 20:30 na Top Billing.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines