

ADVERTISEMENT:

News Date: 16 October 2009
Vodacom gaan kabeldiewe fnuik en ‘n mikrogolf transmissie infrastruktuur daarstel.
Dit het aan die lig gekom tydens navrae namens mnr. en me. WAS en Berdina Nel, wat 6km oos van Louis Trichardt woon en groot probleme met internetverbinding ondervind het.
Vodacom het erken dat die transmissie infrastruktuur in die Louis Trichardt area vir hulle ‘n groot uitdaging is. Die probleem is dat hulle gebruik maak van Telkom-kabels, wat onderworpe is aan hewige diefstal.
“Vodacom is egter in die proses om die situasie reg te stel deur sy eie hoë-kapasiteit mikrogolf transmissie infrastruktuur daar te stel, wat die netwerk beskikbaarheid in die area sal verbeter,” het ‘n Vodacom-woordvoerder op 9 Oktober gesê.
Wat die Nels se situasie betref, het die woordvoerder gesê dat hulle besig is met ‘n ondersoek om die ontvangs daar te verbeter as ‘n tydelike oplossing. Daar is aanduidings dat die hele nuwe netwerk teen 2010 in gebruik gestel kan word.
Oom WAS en tannie Berdina Nel is dankbaar vir die tydelike oplossing wat hulle van Vodacom gekry het, nadat hulle geduld al op was en hulle baie ure aan sukkel en rapporteer spandeer het. Al hulle besighede is afhanklik van internetverbinding.
Vodacom het woord gehou en reeds op 6 Oktober ‘n persoon na oom Was en tannie Berdina se huis gestuur om ondersoek in te stel.
“Die persoon het in die huis kom lesings neem en erken dat die probleem by Vodacom lê. Daarna het hy nog twee persone uitgestuur om binne en buite die huis lesings te neem,” sê oom Was. Verlede Vrydag het Vodacom se mense opgedaag en ‘n antenna en versterker opgesit. Die hele naweek was dit ‘n fees om e-posse te ontvang en uit te stuur en op die internet te gaan. Tannie Berdina sê sy kan net nie verstaan waarom Vodacom nie sommer reg aan die begin, toe sy gekla het, opgetree het nie.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
