ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Joseph van Greuning.

Oom Joseph sterf ná sewe moeilike weke

 

News  Date: 16 October 2009

 

Mnr. Joseph van Greuning (70) van Louis Trichardt is op 6 Oktober oorlede, ná sewe moeilike weke in die hospitaal.

Oom Joseph, wat altyd besig moes bly, het nog by Rewind 2000 gewerk tot die dag voor hy geval en sy been by die heup gebreek het. Weens ‘n vergrote en verswakte hart, het die narkotiseur van die provinsiale hospitaal in Polokwane besluit dat ‘n operasie lewensgevaarlik sou wees. Later is hy na Elim oorgeplaas.

“Ons sal hom baie mis, maar ons weet hy is in hemelse plekke sonder pyn en lyding,” sê sy eggenote, tannie Johanna. “Vir die afgelope 48 jaar het hy my deur lief en leed bygestaan en hy was ‘n goeie pa wat altyd daar was vir sy gesin.”

Die Van Greuning-egpaar het sowat agt jaar gelede na Louis Trichardt verhuis om naby hul dogter en haar man, Suzette en Bobby Reed, te wees.

Suzette onthou dat haar pa altyd gereed was vir enige uitdaging.

“Hy het ‘n skerp brein gehad wat die totale prentjie kon sien en probleme innoverend kon oplos. Hy het ‘n groot sin vir humor gehad, was lief vir mense en het altyd geloop en opera arias fluit,” sê Suzette.

Oom Joseph, wat op 16 November 1938 in Durban gebore is, was ‘n gekwalifiseerde ambagsman wat onder meer staalwerke gedoen het. Op die dorp was hy ook bekend vir die oulikste lekkergoedmannetjies wat hy eiehandig vir kinderpartytjies gemaak het.

Oom Joseph laat sy eggenote, vier kinders en agt kleinkinders agter.

Die gedenkdiens vir hom is deur pastoor Sampie van Niekerk op 10 Oktober in die Agapé Christensentrum gehou.

Die familie spreek graag hul waardering uit teenoor past. Sampie en Dalene van Niekerk, past. Chris en Rona Mattheus en die gemeentelede van Agapé Christensentrum vir hul ondersteuning, liefde en hulp in die tyd van verlies.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines