ADVERTISEMENT:

 

Nadene van Wyk kyk na die wrak van haar motor. Haar vriende, Freddie Wentzel (inlas regs) en Allen Senekal (inlas links), is uit die motor geslinger, nadat sy beheer verloor het en dit begin rol het. Wentzel is op slag dood. Foto’s verskaf.

Een sterf, nadat jongmense se motor rol

 

News  Date: 23 October 2009

 

‘n Jong inwoner van Polokwane, die 19-jarige Freddie Wentzel, is gedurende die vroeë oggendure van Saterdag, 17 Oktober net buite Louis Trichardt dood, nadat die voertuig waarin hy en twee vriende op reis was, gerol het.

Die ongeluk het sowat 5km buite die dorp op die Levubupad plaasgevind. Een van die passasiers in die voertuig was die 19-jarige Allen Senekal, ‘n oud-inwoner van Levubu, en boesemvriend van Wentzel.

‘n Vriendin van hulle, Nadene van Wyk (19), het bestuur.

Teen druktyd was dit steeds nie duidelik wat gebeur het nie. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

Die vermoede bestaan egter dat die voertuig se regter voorwiel gebars het. Van Wyk het beheer verloor en die voertuig het gerol. Nie Senekal of Wentzel het veiligheidsgordels gdra nie en is beide uit die voertuig geslinger. Wentzel, wat agter in die motor gesit het, is opslag dood, terwyl Senekal ernstige beserings aan sy laerug opgedoen het.

Van Wyk, wat die enigste een was wat haar veiligheidsgordel aangehad het, het geringe snye en skrape opgedoen. Sy is reeds weer terug by die werk.

Senekal moes Saterdag per ambulans deurgejaag word na die MediClinic in Polokwane vir nog verdere behandeling. Hy is Dinsdag ontslaan en sterk tans by sy ouerhuis aan.

Senekal, wat besig is met sy vakleerlingskap in Polokwane, het saam met Van Wyk en Wentzel ‘n huis gedeel in die stad. Die drie was op pad na Senekal se ouers op Levubu vir ‘n verrassingsbesoek.

Vriende en familie het na hulle verwys as die drie musketiers, omdat hulle altyd alles saam gedoen het.

“Hulle was onafskeidbaar,” het ‘n hartseer Hantie, Senekal se ma, vandeesweek gesê.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines