ADVERTISEMENT:

 

‘n Trop beeste wat veilige verkeer bedreig het in die suidelike gedeelte van Louis Trichardt, het amok gemaak toe hulle vandeesweek aangekeer is na die munisipale skutkrale. Hier probeer helpers die beeste onder beheer kry digby die kruising van Rissik- en Groblerstraat.

Rondloper beeste nou ‘n gereelde probleem

 

News  Date: 23 October 2009

 

Rondloperbeeste veroorsaak nou gereeld ‘n gevaar vir motoriste in Louis Trichardt.

Die beeste, wat vermoedelik uit weidingskampe op die dorpsmeent breek, is nou gereeld in die nywerheidsgebied en in die suidelike woonbuurtes.

Vandeesweek (Woensdag) moes die Soutpansberg Dorpswag, verkeersafdeling en polisie gesamentlik inspring om ‘n trop uit die strate te probeer kry. Van die diere het wild in die strate ingestorm en dit uiters moeilik gemaak om hulle by die munisipale skutkraal te kry. Onderweg daarheen het hulle met Groblerstraat opgestorm en ná ‘n wilde lopie langs die treinspoor op, tot oor die bedrywige Rissikstraat gevorder, voordat hulle weer uit die strate in bosse op ‘n oop perseel naby Joubertstraat verdwyn het.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines