ADVERTISEMENT:

 

Wyle Ouma Martha Sophia Aletta Smit (Kritzinger), gebore Van Wyk, is op 9 Oktober op Musina begrawe. Foto verskaf

Legendariese Ouma Martha oorlede

 

News  Date: 23 October 2009

 

‘n Bykans legendariese oud-inwoner van Musina, Ouma Martha Smit (Kritzinger) is op die dorp te ruste gelê.

Die merkwaardige Ouma Martha is Vrydag, 9 Oktober vanuit die Nederduits Hervormde Kerk op Musine begrawe, nadat sy op 5 Oktober in die ouderdom van 86 jaar op Rustenburg oorlede is.

Sy en haar eerste eggenoot, wyle mnr. Mock Kritzinger, het lank op Musina gewoon, waar Mock die vee-inspekteur was. Die egpaar het ses kinders gehad. Vriende en kennisse het haar beskryf as die mees toegewyde, liefdevol-hulpvaardige en hardwerkende vrou wat hulle ken.

Na Oom Mock se dood is Ouma Martha met oom Fieks Smit getroud en het eers na Naboomspruit, en toe anderhalfjaar gelede na Rustenburg, verhuis.

Sy laat haar ses kinders en verskeie klein- en agterkleinkinders agter.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines