

ADVERTISEMENT:

News Date: 30 October 2009
Jong verliefdes Ruan Welman en Ilna van Wyk, wat tot onlangs toe nog Louis Trichardters was, is steeds in die stryd in Top Billing op SABC 3 se Win a Wedding-kompetisie.
Sou hulle die kompetisie wen, staan hulle die kans om ‘n droomtroue ter waarde van R500 000 te wen. Die trouklokke het in Maart hierdie jaar vir die paartjie begin lui, waarna die twee besluit het om vir die kompetisie in te skryf. Hulle het sowat drie weke gelede deurgedring na die top 10 finaliste en is ‘n week later aangewys as een van die top vyf finaliste. Kykers kan per SMS stem vir die paartjie wat hulle dink die prys moet wen. Verlede week is hulle aangewys as een van die top drie finaliste en sal eerskomende Donderdag uitvind of hulle deurgedring het na die top twee posisies. Intussen wag Ruan se ouers, pa Francois en ma Ronel, en Ilna se ma, Ann Potgieter, almal van Louis Trichardt in spanning om te sien of hul kroos die droomprys gaan wen.
Lesers kan gerus eerskomende Donderdagaand om 19:30 Top Billing kyk om uit te vind hoe Ruan en Ilna vaar.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
