ADVERTISEMENT:

 

Sakeman lol glo met seun

 

News  Date: 06 November 2009

 

‘n Een-en-sestigjarige sakeman van Louis Trichardt het Maandag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n aanklag van seksuele aanranding.

Die man word daarvan beskuldig dat hy na bewering ‘n 17-jarige seun betas het tydens ‘n kuiertjie by vriende.

Die seun het op Saterdag, 24 Oktober vanjaar saam met sy ouers by vriende gaan kuier, waar die beskuldigde inwoon.

Ná die gekuier het die seun die beskuldigde gaan groet, omdat hy hom ken van vorige kuiers.

Die seun sê in sy verklaring dat die beskuldigde hom toe ‘n drukkie gegee het, hom onsedelik betas het en selfs aangebied het om orale seks met hom (die seun) te hê.

Luidens die beskuldigde se verklaring verontskuldig hy homself deur die voorval af te maak as ‘n “grap wat suur geword het.” Hy erken wel dat hy die seun ‘n drukkie gegee het en beweer hy het net ‘n grap gemaak toe hy vir die seun gesê het dat hy orale seks met hom sal hê.

Die man se saak is uitgestel na 26 November, sodat die hof sy verweer kan aanhoor. Sy identiteit kan nog nie bekendgemaak word nie, aangesien hy nog nie gepleit het nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines