

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 November 2009
Nee, Maandag se kragonderbreking op Louis Trichardt was nie beplan nie en ook nie deel van Eskom se beurtkrag-skedule nie.
Die onderbreking is veroorsaak nadat ‘n ondergrondse toevoerkabel by een van die dorp se hoofsubstasies aangrensend tot die maksimum sekuriteitsgevangenis skade opgedoen het. Feitlik die hele dorp is deur die onderbreking in die duister gelaat, met munisipale werkers wat tot laataand toe nog geworstel het om die probleem op te spoor en te herstel. Kragtoevoer na sekere dele van die dorp is vroegaand herstel, nadat krag via ‘n kringnetwerk daarheen herlei is.
Die onderbreking het grootskaalse ongerief veroorsaak, terwyl ander die kans aangegryp het om die kospotte voor die stoof te los en eerder ‘n wegneemete te bestel.
Intussen kan inwoners maar gereed maak vir nog ‘n kragonderbreking eerskomende Sondag (15de) vanaf 06:00 tot 12:00. Alhoewel Maandag se fout herstel is, is verdere konstruksiewerk dringend nodig.
Sondag se kragonderbreking sal verbruikers op die Louis Trichardt-netwerk raak, uitgesluit die swaar- en ligtenywerheidsgebied, Eltivillas en Louis Trichardt se uitbreidings 2, 7 en 9.
“Die afskakeling is nodig om dringende konstruksiewerk aan die sentrale lyn te doen,” sê die munisipaliteit. Hulle het gewaarsku dat geen waarborg gegee kan word dat die elektrisiteitstoevoer gedurende die hele vermelde tydperk onderbreek sal wees nie. Die elektrisiteitstoevoer na sekere dele van die netwerk mag dalk vroeër of later as die vermelde tyd weer herstel word of glad nie onderbreek word nie.
“Alle verbruikers word derhalwe gewaarsku dat die Raad se elektrisiteitsleidings gedurende die hele tydperk as stroomdraend beskou moet word,” het die munisipaliteit gewaarsku.
Die onderbreking sal onderhewig wees aan mooiweerstoestande.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
