ADVERTISEMENT:

 

Botha-moordverdagtes is Kersfees agter tralies

 

News  Date: 13 November 2009

 

Die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle op 19 Februarie vanjaar die 78-jarige mev. Tienie Botha op Louis Trichardt vermoor het, sal die feesgety agter tralies moet spandeer, nadat hulle borgaansoek na bykans nege maande afgehandel is.

Die vier, David Lihaiwa (29), Rudzani Mufamadi (29), Thobile Jili (26) en Thomas Ramudzuli (40), staan tereg op een klag van moord, een klag van gewapende roof en twee klagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Die vier se borgaansoek het ‘n aanvang geneem tydens hulle hofverskyning op 5 Junie vanjaar. Tydens hierdie verskyning het Mufamadi en Jili in hul borgaansoek beweer dat lede van die polisie die vuurwapens op hulle “geplant” het tydens hulle inhegtenisneming.

Die vier se saak is herhaaldelik uitgestel na hierdie verskyning, nadat die vier se prokureur vir ‘n lang tydperk met siekverlof was.

Na maande is die vier se borgaansoek weereens hervat tydens hulle hofverskyning op Donderdag, 22 Oktober. Die vier se borgaansoek is op 26 Oktober hervat en afgehandel.

Die hof het vandeesweek die vier mans se borgaansoek teengestaan en hulle saak tot vroeg in Januarie uitgestel, sodat ‘n Hooggeregshof datum vasgestel kan word.

Al vier mans sal in aanhouding bly tot dan. Aanvanklik was daar vyf beskuldigdes in die saak, maar die een, Manuel Zitha, is intussen dood.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines