ADVERTISEMENT:

 

Booswigte het bakstene gebruik om die deurglas van die Musica-tak op Louis Trichardt uit te gooi en daarna hulself te help met van die winkel se voorraad MP3-spelers en elektroniese speletjies.

Diewe takel Musica-tak met bakstene

 

News  Date: 27 November 2009

 

“Dit was vermoedelik ‘n groep inbrekers wat vooraf besluit het wat hulle wou steel,” was die kommentaar vandeesweek van mnr. Willie du Toit, areabestuurder, van Musica op Louis Trichardt.

Die plaaslike Musica-tak was Maandagoggend die slagoffer van booswigte wat die voordeur met bakstene stukkend gegooi het om toegang tot die winkel te verkry.

Volgens Du Toit het die skelms hulle meestal toegespits op die winkel se voorraad MP3-spelers en elektroniese speletjies. Dit laat die vermoede bestaan dat die skelms die winkel vooraf dopgehou het om vas te stel presies waar alles in die winkel geleë was.

Alhoewel die skelms ontsnap het, het Du Toit groot lof gehad vir die winkel se sekuriteitsmaatskappy wat binne twee minute ná die alarm afgegaan het op die toneel was.

“Een van die wagte het die rowers agterna gesit en gevolg tot by die agterkant van CNA.” Toe die rowers agterkom dat hulle agtervolg word het hulle besluit om eerder van die gesteelde goedere neer te smyt en laat spaander.

Du Toit kon teen druktyd nog nie bevestig hoeveel skade die diewe aangerig het nie, aangesien personeel nog besig was met ‘n voorraadopname.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines