ADVERTISEMENT:

 

Eienaars van rondloperdiere moet aangekla word

 

News  Date: 27 November 2009

 

Meer moet gedoen word om die eienaars van rondloperdiere wat ongelukke veroorsaak op te spoor en aan te kla.

Dit is die gevoel van die Sektorpolisiëringsforum op Louis Trichardt na aanleiding van die botsing met ‘n rondloperbees vroeër die maand wat gelei het tot die dood van bekende plaaslike polikus mnr. Timothy Maanda (41) op die Modombidzha-pad.

“Ons versoek dat eienaars van beeste wat lewensverlies veroorsaak, opgespoor moet word, sodat hulle strafregtelik vervolg kan word,” sê past. Johan van Rensburg van die Sektorpolisiëringsforum.

Botsings met rondloperdiere op die streek se paaie is ‘n algemene verskynsel. Tog blyk dit dat daar weinig van owerheidskant gedoen word om die kwessie aan te spreek. Mannekrag blyk ‘n probleem te wees.

“Meer verkeersbeamptes is nodig, veral na-uurs en oor naweke. Die munisipale raad moet hiervoor begroot,” sê Van Rensburg.

Intussen is die eienaar van die bees wat tot Maanda se dood gelei het steeds soek. Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het Woensdag by navraag gesê dat hul ondersoek nog voortduur. Op ‘n vraag of die eienaar van die bees van strafbare manslag aangekla sal word indien hulle hom of haar opspoor, het Sadike gesê dat hulle eers nalatigheid aan die eienaar se kant sal moet bewys.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines