

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 November 2009
Die onkundige en onverskillige wyse waarop bome langs Louis Trichardt se strate vermink word in die munisipaliteit se huidige massa snoei-aksie het verskeie inwoners met ontsteltenis laat reageer.
Inwoners van Hertzogstraat moes toesien hoe stamme en groot takke eenvoudig afgeskeur word van ou bome in die kenmerkende sierlike laan.
“Die werkers wat die snoeiwerk doen, het opvallend nie die aanvoeling vir of vaardigheid met snoeiwerk wat die boom se karakter of basiese veiligheid respekteer nie,” het ‘n ontstelde bewoner van dié boomryke woongebied gesê.
Van die snoeiwerk word uitgevoer op ‘n wyse wat die verkeer onnodig ontwrig en in gevaar stel. Op die hoek van President- en Bredastraat moes motoriste verlede week koes vir groot takke wat eenvoudig op hulle afgetuimel het. Daar was geen poging om die verkeer te reël of te beveilig nie.
Op talle plekke in die dorp is permanent-verminkte bome ‘n stille getuienis van òf onkunde òf onverskilligheid in die hantering van die dorp se prominente groen bates. Die meeste van die bome is reeds meer as ‘n halfeeu oud.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
