ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Jan Hendrik (Hennie) Bezuidenhout, van Louis Trichardt, wat verlede maand by die plaaslike munisipaliteit afgetree het.

Hennie groet Raad ná 20 jaar

 

News  Date: 04 December 2009

 

Oud-onderwyser en deurwinterde munisipale amptenaar Hennie Bezuidenhout van Louis Trichardt het vandeesweek die tuig neergelê, ná 20 jaar by die plaaslike munisipaliteit.

Hy het op 30 November afgetree.

Hennie (Jan Hendrik Bezuidenhout) kom oorspronklik van Alldays se wêreld, waar hy op die plaas Holmwood gebore is. Sy ouers het na Louis Trichardt verhuis toe hy maar twee jaar oud was.

Vir die duur van sy hele skoolloopbaan was hy op Louis Trichardt. Daarna het hy homself as onderwyser aan die Normaalkolege Pretoria bekwaam. Sy onderwysloopbaan het in Januarie 1966 aan die Laerskool Phalaborwa begin.

Op 12 Desember 1970 is hy getroud met Magel Fourie. Die egpaar het drie kinders – Mariëtte, Nico en Johan.

Nadat hy gevorder het tot skoolhoof, het hy die onderwys ná 19 jaar verlaat en vir twee jaar in die privaatsektor ‘n draai gemaak.

Hennie is in 1987 aangestel in die pos van administratiewe beampte by die Louis Trichardt Stadsraad. Later word hy bevorder tot Hoofrekenmeester: Personeeldienste en in Oktober 2003 is hy in die pos van Assistent Bestuurder Menslike Hulpbronne geplaas.

Die egpaar bly aan op hul tuisdorp.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines