ADVERTISEMENT:

 

Inligting het niks met saak te doen

 

News  Date: 04 December 2009

 

Na aanleiding van die artikel in verlede week se uitgawe van die Zoutpansberger oor die vier personeellede van ABSA Bank op Louis Trichardt wat in die hof verskyn het op klagte van diefstal, het die bankgroep gereageer deur te sê dat sekere inligting in die artikel foutief is.

Volgens die berig was die tellers se geliefkoosde manier van dinge doen om kliënte wat met ‘n debietkaart binne die bank geld onttrek se geld elektronies oor te plaas na ‘n ander rekening, sodra die kliënt sy kaart deurgetrek en sy pinnommer ingesleutel het. Kliënte wat tjeks in die bank gewissel het, het ook onder die tellers se lang vingers deur ge-loop.

Die bankgroep het egter aangedui dat bogenoemde geensins verband hou met die saak teen die vier tellers nie. Dit is genoem dat wat die debietkaarte betref, dit ‘n probleem is wat deur alle banke ondervind word ten opsigte van kaarte wat gekloon word. Hulle dra ook geen kennis rondom die tjek-ondersoek nie.

Dit moet genoem word dat die inligting vanaf die polisie verkry is, alhoewel dit blyk dat daar verwarring ingetree het met betrekking tot ‘n spesifieke navraag oor die saak teen die vier tellers en anders sake wat tans deur die polisie ondersoek word.

Die vier, Patricia Shipalana, Dennis Khubays, Amanda Makhubela en Ivy Maphephu, is intussen op borg van ‘n R1 000 elk vrygelaat en moet weer op 4 Desember in die hof verskyn. Na wat verneem word, is ‘n bedrag van R14 800 ter sprake.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines