

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 December 2009
Vir die derde keer binne die tydperk van ‘n maand word inwoners van die Soutpansberg gekonfronteer met die wrede werklikheid van kindermolestering. Dit volg nadat ‘n 39-jarige man die afgelope week skuldig bevind is op ‘n klag van onsedelike aanranding op ‘n kind.
Die klag teen Willem Botha, ‘n voormalige inwoner van Louis Trichardt, spruit uit ‘n voorval waar hy ‘n meisie oor ‘n tydperk van twee jaar onsedelik aangerand het.
Botha is op 11 Julie 2007 in hegtenis geneem, nadat die klaagster in die saak na vore gekom het en erken het dat hy haar vir ongeveer twee jaar onsedelik betas het.
Tydens die klaagster se kruisondervraging het dit aan die lig gekom dat Botha haar privaatdele betas het. Sy het ook getuig dat Botha haar probeer verkrag het, maar dat sy hom altyd weggestamp het.
Die klaagster was tus-sen 14 en 16 jaar oud ten tye van die voorvalle.
Botha is intussen op R5 000 borg vrygelaat, maar sal weer op 24 Februarie volgende jaar in die hof moet verskyn.
Die hof sal dan, nadat dit die verslag rakende die impak van die gebeure op die klaagster bestudeer het, vonnis oplê.

ADVERTISEMENT:
