ADVERTISEMENT:

 

Vragmotors se stuitbedding word

 

News  Date: 05 December 2003

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Gruisklippies uit die stuitbedding net buite die dorp op die N1 na Musina verdwyn vermoedelik by die bakkievrag.

Die stuitbedding van 200m bevat 'n bolaag van gruisklippies om vragmotors, wat weens omstandighede buite beheer raak in die bergpas, tot stilstand te bring.

Mnr. Malcolm Tucker, lid van die Soutpansberg Fietsryklub, ry elke oggend verby dié stuitbedding. Elke oggend, sê hy, bemerk hy dat die gruisklippies drasties verminder.

"Dit lyk asof daar gereeld 'n bakkievrag vol klippies verwyder word," sê mnr. Tucker.

Residensiële ingenieur, mnr. Theo van Deventer, het Dinsdag gesê dat hulle bewus is van die feit dat die gruisklippies verdwyn. Hy sê dat die konstruksiekoste van die stuitbedding op 'n bedrag tussen R700 000 en R1 miljoen beraam word. Die koste vir 'n stuitbedding is normaalweg meer, maar omdat hierdie stuitbedding deel gevorm het van die verbysteeklaan net noord daarvan, is die koste laer as gewoonlik. Die klippies bo-op die konkreetkonstruksie is belangrik, omdat dit die trokke se spoed verminder en effektief tot stilstand kan bring.

Mnr. Van Deventer het gesê dat hy aanneem dat diefstal op 'n openbare pad 'n algemene probleem is. 'n Vergadering met SANRA (Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap) is vir volgende week belê. Mnr. Van Deventer beplan om die verdwyning van die gruisklippies tydens dié vergadering onder sy kliënt (SANRA) se aandag te bring.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines