

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 December 2009
‘n Tydelike opeenhoping van verkeer is verlede Vrydag deur losloper beeste op die N1 noord van Louis Trichardt veroorsaak.
Verkeer is tydelik ontwrig toe verkeersbeamptes die diere met ‘n patrolliemotor en te voet moes aankeer en van die pad af hou. Die patrollievoertuig moes by tye teen die aankomende verkeer beweeg om die diere onder beheer te hou.
Die beeste het sedert vroeg Vrydagoggend digby Masekwaspoort in die padreserwe voorgekom. Hulle is in die namiddag aangekeer en deur ‘n opening in ‘n plaasheining gejaag, nadat hulle regoor die pad moes beweeg.
Die lewensgevaarlike voorkoms van losloperdiere op openbare paaie in die omgewing en selfs in die strate van Louis Trichardt wek toenemend kommer. Skade, ernstige verminking en lewensverlies is reeds veroorsaak deur motorongelukke wat as gevolg van die rondloperdiere in die omgewing van die dorp voorgekom het.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
