ADVERTISEMENT:

 

Verdagtes in Steyn-moord verskyn in hof

 

News  Date: 26 March 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - 'n Vrou wat twee weke voor die moord by mnr. Marthinus Steyn op die plaas Derby naby Alldays begin werk het, Azwindini Rebecca Mulaudzi, is een van die verdagtes wat verlede week hier in die hof verskyn het.

Mulaudzi (41) het saam met Meshach Sebola (32) vlugtig verskyn op aanklagte van gewapende roof en moord. Hulle is nie gevra om te pleit nie. Hulle verskyn weer Vrydag (26ste) hier in die hof en verkies om hul eie verdediging te behartig.

Die 81-jarige mnr. Steyn is op 16 Maart omstreeks 09:00 op sy plaas vermoor, terwyl hy in die kraal besig was om te melk. Sy vrou is vir etlike ure lank in 'n kas in die plaashuis toegesluit, terwyl die rowers die huis geplunder het. Sy moes in die kas hoor hoe die rowers beplan om die huis aan die brand te steek, wanneer hulle klaar is.

Nadat die rowers met mnr. Steyn se voertuig vertrek het, het mev. Steyn uit die kas ontsnap en moes vir etlike kilometers kaalvoet loop na die buurplaas om daar hulp te ontbied. Die telefoondrade is voor die aanval op die plaas geknip.

Die ontplooiing van die Landbou-unie se steungroepverdedigingstelsel het daartoe gelei dat die verdagtes aangekeer is binne enkele ure nadat die voorval aangemeld is. Daar was ook kinders agterop die voertuig, toe die verdagtes in die gesteelde bakkie aangekeer is.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines