ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Hartman met Sarah, sy geliefde worshond, in sy vroeere tuin in Pretoria.

Oom George Hartman oorlede

 

News  Date: 18 December 2009

 

‘n Inwoner van Loeriepark op Louis Trichardt, mnr. George Hartman, is in die ouderdom van 78 jaar oorlede.

Wyle mnr. Hartman was vir 40 jaar in diens van Transnet en het twee jaar gelede vanaf Pretoria na Louis Trichardt gekom, ná sy aftrede. Hy was die afgelope 18 maande ernstig siek en is sedert Mei vanjaar in die siekeboeg van Ons Tuiste versorg. Hy is verlede Saterdag oorlede.

Die begrafnis was Donderdag (17) vanuit die NG Kerk Monumentpark in Pretoria.

Hy laat sy eggenote Debora, kinders Peet en Hannelie Hartman, Chrizelda en Leon Koen, en kleinkinders Tharina, Sebastian, Gezelle en Elmay agter.

Die gesin het hul dank uitgespreek teenoor ds. Jan Pretorius, Dr. André van der Walt, Dr. Anton Stroebel, Zoutpansberg Privaathospitaal, mev. Kittie de Bruin en personeel van Ons Tuiste en die bestuur en inwoners van Loeriepark.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines