

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 December 2009
Inwoners van Louis Trichardt het verlede week weer die ongemak ervaar van leë krane.
Bykans die hele dorp was verlede Donderdag en Vrydag sonder water. Watertoevoer na sekere dele van die dorp is Saterdag herstel, maar ander moes ‘n groot deel van Saterdag ook sonder water klaarkom. Dit het weer die Makhado Munisipaliteit se onvermoë om die dorp se kroniese waterkrisis op te los, bevestig.
Weer het die munisipaliteit toerusting wat onklaar geraak het en die vandalisme van hul boorgatinfrakstruktuur as verskonings voorgehou as die rede vir die onderbreking in watertoevoer.
In ‘n verklaring wat verlede Donderdag uitgereik is, het die munisipaliteit aangekondig dat watertenkers deur woongebiede sou beweeg of by strategiese punte vir lede van die publiek beskikbaar sou wees as noodmaatreël. Dit het nie veel gehelp nie, want nêrens in die verklaring word aangedui waar dié strategiese punte is nie.
“Verwag hulle nou werklik dat ons met leë kanne in die straat moet gaan staan en wag tot daar eendag ‘n watertenker verbyry? Of moet ons op ons eie onkoste rondry totdat ons op een van hierdie strategiese punte afkom?” het een hoogs geïrriteerde inwoner opgemerk.
In die einste verklaring word inwoners versoek om asseblief water spaarsaam te gebruik.
“Dit is belaglik – ons het dan nie eers water om spaarsaam te gebruik nie!” het die inwoner opgemerk.
Die munisipaliteit het egter tog verskoning gevra vir die ongerief wat deur die onderbreking veroorsaak is en gesê dat alle nodige stappe geneem word om die probleem aan te spreek om volgehoue watervoorsiening aan huishoudings te verseker.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
