

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 December 2009
Die twee hoogs gevaarlike geweldsmisdadigers wat op 15 Desember uit die Kutama Sinthumule Maksimum Gevangenis buite Louis Trichardt ontsnap het, was teen Dinsdag steeds op vrye voet.
Volgens inligting kon die polisie nog nie daarin slaag om die mans aan te keer nie en die vermoede bestaan dat hulle landuit gevlug het.
Die 40-jarige Esho Chico Naibe van Zimbabwe en die 29-jarige Johannes Antonnio Khoza van Mosambiek het ontsnap deur die tralies voor hul selvensters af te saag en oor die hoë sekuriteitsheinings te klim. Beide mans het lewenslange vonnisse uitgedien. Naibe het sedert Augustus 2005 ‘n lewenslange vonnis uitgedien vir verkragting, huisbraak en onsedelike aanranding, terwyl Khoza sedert April 2006 ‘n lewenslange vonnis uitgedien het vir moord en roof met verswarende omstandighede.
Intussen duur die Departement Korrektiewe Dienste se ondersoek voort oor hoe die mans daarin kon slaag om te ontsnap. Die ondersoek sal na verwagting volgende week afgehandel word.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
