

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 December 2009
Bekende sakeman en jarelange inwoner van Louis Trichardt mnr. Louis van der Lith is verlede week in die ouderdom van 58 jaar oorlede.
Tot met sy dood was mnr. Van der Lith die eienaar van Rewind 2000 op Louis Trichardt. Die onderneming sal voortaan deur sy kinders bestuur word.
Wyle mnr. Van der Lith is in Mei vanjaar met terminale kanker gediagnoseer en het sedertdien ‘n swaar en moeilik stryd teen die kanker geveg. Hy is verlede Donderdag, 17 Desember, in die Zoutpansberg Privaathosiptaal oorlede.
‘n Roudiens is Dinsdag, 22 Desember vanuit die NG-moedergemeente vir wyle mnr. Van der Lith gehou. Hy word oorleef deur sy vrou Rita, kinders Alderita, Wilma, Hein en Jannie, en kleinkinders Heinrich, Juanice, Sanri en Gerlo.
Die familie het hul dank uitgespreek teenoor ds. Louis Schnetler, Kobus en Ansie Venter, dr. Casper Venter, die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal, Giel Kruger en Liseby Fernandez van die Makhado Gare Group.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
