ADVERTISEMENT:

 

Albasini bereik 70%-kerf

 

News  Date: 26 March 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die Albasinidam het die afgelope week die 70%-kerf verbygesteek. MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die Albasinidam het die afgelope week die 70%-kerf verbygesteek.

Goeie reën het oor die langnaweek geval met 'n opgegaarde lesing van 83,4mm by die munisipale reënmeter op Dinsdag (23ste). Teen Woensdagoggend is 'n verdere 20,1mm gemeet wat die reënval vir Maart sover op 431,9mm te staan gebring het.

Die vlak van die Albasinidam op 23 Maart was 70,43%, in vergelyking met sy vlak van 67,70% op 17 Maart.

Volgens 'n grafiek van die Departement van Waterwese en Bosbou was die Albasinidam vanaf 1953 tot 1961 amper deurlopend vol met 'n destydse walhoogte van 16,3m. Die grafiek toon 'n laagtepunt in 1964. In 1966 was die dam 100% vol en die wal is later verhoog tot 19,5meter. Daarna was die dam weer in 1975 vol en het vir vier jaar redelik vol gebly. In 1981 was die dam vol en daarna vir 19 jaar baie leeg totdat die dam met die vloede van 2000 weer oorgeloop het. In Januarie en Februarie 2003 was die Albasini bo 70% waarna die vlak geleidelik afgeneem het tot 43% in die begin van Maart vanjaar.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines