ADVERTISEMENT:

 

Korrupte polisieman agt jaar tronk toe

 

News  Date: 22 January 2010

 

‘n Polisieman van die SAPD op Musina, Mashudu Johannes Mulele, is op 11 Januarie in die landdroshof op Louis Trichardt skuldig bevind op twee klagte van korrupsie en gevonnis tot gevangenisstraf.
Hy het gedurende 2006 begeleidings­dien­ste verskaf aan verskeie mense vir die vervoer van onwettige sigarette. Mulele het omkoopgeld ontvang van mense en hulle dan begelei sodat hulle nie deur die polisie of padblokkades voorgekeer word nie.
Mulele het ongeveer R10 000 se omkoopgeld ontvang. Hy is gedurende 2006 in hegtenis geneem, nadat die polisie ‘n operasie uitgevoer het spesifiek met die doel om korrupte polisiemanne te ontmasker.
Ná ‘n uitgerekte hofsaak van meer as drie jaar is Mulele uiteindelik skuldig bevind. Hy is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis en moes R7 200 aan die Staat terugbetaal.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines