ADVERTISEMENT:

 

Tydens die onderwys­departement se provinsiale prysuitdeling in Polokwane op Vrydag, 15 Januarie is twee van Hoërskool Eric Louw se leerlinge as toppresteerders in die Limpopo Provinsie aangewys. Elana Mostert (links), met haar sewe onderskeidings en ‘n gemiddeld van 89%, het ‘n pragtrofee ontvang en is aangewys as die nommer 10 kandidaat in die provinsie. Dit is ‘n besonderse prestasie om onder die top 30 kandidate in die provinsie te eindig. Eric Louw is met reg trots op dit wat Elana met die hulp van Eric Louw se bekwame en toegewyde onderwysers bereik het. Sy behaal 95% vir Geografie, 96% in Lewenswetenskap, 90% vir Afrikaans Huistaal en 89% vir Fisiese Wetenskap tydens die 2009-eindeksamen. Mede-Louwtjie Tarryn Morrish (regs) ontvang op haar beurt die trofee vir Beste Presteerder in Engels Huistaal in die provinsie. Sy het ‘n gemiddeld van 96% in die vak behaal, met altesaam vyf onderskeidings. Beide Elana en Tarryn is tans eerstejaars aan die universiteit van Pretoria, waar albei in Nerina dameskoshuis is. Foto verskaf.

Louwtjies se matrieks spog met 53 A’s

 

News  Date: 22 January 2010

 

Hoërskool Eric Louw op Musina het ‘n slaagsyfer van 99% behaal in verlede jaar se matriekeindeksamen.

Individuele leerders het eweneens uitmuntende prestasies behaal.

Van die leerders wat Eric Louw baie trots gemaak het met hulle puik uitslae was Elana Mostert met sewe A’s, Madeli du Plessis, Thendo Ndou en Melinda Argyle wat elkeen met ses onderskeiding spog en Tarryn Morrish met vyf A’s.

Hoërskool Eric Louw se groep van 75 matriekleerlinge het in totaal 53 A’s ingepalm. Dit het behels vyf A’s vir Afrikaans Huistaal, sewe A’s in Afrikaans eerste addisionele taal, een A in Engels Huistaal, vier A’s in Engels eerste addisionele taal, twee A’s in wiskunde, vier A’s in wiskunde geletterdheid, 14 A’s in lewensoriëntering, twee A’s in fisiese wetenskap, vier A’s in sosiale wetenskap, ‘n A in ekonomiese bestuurswetenskap, ‘n A in rekeningkunde, vier A’s in toegepaste rekenaarstudie, drie A’s in geografie en een A in toerisme.

Altesaam 35 leerders het universiteitstoelating gekry. Louwtjies se groep marieks het ook 74 B-simbole opgelewer.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines