ADVERTISEMENT:

 

Roofsaak by kiosk sloer steeds voort

 

News  Date: 29 January 2010

 

Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle in Mei verlede jaar die 24-uur kiosk by Bridge Motors op Louis Trichardt beroof het, se saak is verlede week weereens uitgestel.

Die twee mans, Steven Shorty Chauke (27) en Brighton David Moley Chauke (23), albei van Zimbabwe, het die eerste keer op 7 Mei 2009 in die hof hier verskyn, waarna hul saak verskeie keer uitgestel is, sodat verdere ondersoek gedoen kan word.

Die hele roof is op ‘n sekuriteitskamera vasgelê. In die video kan daar duidelik gesien word hoe twee ongemaskerde mans die winkel binnekom, een ‘n pistool uitpluk en op die kassier rig en hoe hulle daarna met ‘n groot bedrag kontant en sigarette wegkom. Tydens die twee se arrestasie is ‘n groot hoeveelheid kontant, asook ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie, in hul besit gevind.

Tydens die twee se hofverskyning in September verlede jaar is die saak uitgestel, sodat die saak na die streekhof oorgeplaas kon word.

Albei het weer verlede week in die hof op Louis Trichardt verskyn en die saak is uitgestel, sodat daar aangesoek gedoen kan word vir regsverteenwoordiging.

Die twee mans sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 8 Februarie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines