ADVERTISEMENT:

 

Die foto toon duidelik hoe munisipale werkers besig is om skrootmetaal vanaf ‘n munisipale vullistrok te laai om vir eie gewin te verkoop.

Gewonder wat word van die belastinggeld?

 

News  Date: 12 February 2010

 

Die Makhado Munisipaliteit gaan met onmiddellike effek ‘n ondersoek loods na bewerings dat van sy werkerskorps munisipale voertuie misbruik vir eie gewin.

Dit was Maandag die reaksie van munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi, kort na ontvangs van verskeie foto’s wat toon hoe munisipale werkers Raadsvoertuie gebruik om skrootmetaal bymekaar te maak, te vervoer en aan plaaslike skrootmetaalhandelaars te smous vir eie gewin.

Bobodi het die foto’s as verdoemend beskryf en gesê dat die Raad alles in hulle vermoë sal doen om die saak te ondersoek en die skuldige partye aan die pen te laat ry. Dit is ‘n oortreding om staatsvoertuie vir eie gewin te gebruik, soveel te meer wanneer hierdie wanpraktyk gedurende amptelike werkstyd plaasvind, ten koste van dienslewering.

Die reeks foto’s is geneem deur ‘n lid van die publiek en toon duidelik hoe veral personeel van die Raad se vullisverwyde­ringsafdeling by verskeie geleenthede, helder oordag, skrootmetaal met die Raad se vullisvragmotors by ‘n skrootmetaalhandelaar kom aflaai. Daar is egter ook foto’s van munisipale trekkers en selfs die elektrisiteitsafdeling se “Cherry Picker” wat ‘n draai kom maak het by die skrootwerf. Hieruit word afgelei dat dit ‘n redelike standaard praktyk is vir munisipale werkers wat op hierdie wyse, op die belastingbetaler se rekening, hul salarisse aanvul.

“Dit gebeur amper elke dag. Die skrootmetaal word afgelaai, waarna die bestuurder van die munisipale voertuig ‘n paar keer om die straatblok sal ry, terwyl hy wag dat sy kollega die skrootmetaal laat weeg en betaling kry,” sê die lid van die publiek wat die foto’s geneem het. Hy het verkies om anoniem te bly.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines