

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 March 2010
‘n Vrou van Louis Trichardt het gevangenisstraf vrygespring, nadat sy verlede week skuldig bevind is op ‘n klag van diefstal in die landdroshof op Louis Trichardt.
Christell Scheepers is vroeër vanjaar in hegtenis geneem, nadat dit aan die lig gekom het dat sy derduisende rande van haar werkgewer, ‘n bekende plaaslike eiendomsagent, verduister het.
Scheepers moes ‘n nag in die selle deurbring, waarna sy in die hof verskyn het op een klag van diefstal.
Tydens vonnisoplegging het die hof Scheepers gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf, wat vir vier jaar opgeskort is, op voorwaarde dat sy in dié tydperk haarself nie aan dieselfde oortreding skuldig maak nie.
Die hof het ook beveel dat sy die R101 000 in maandelikse paaiemente by die hof moet terugbetaal.

ADVERTISEMENT:
