ADVERTISEMENT:

 

Familie in knyp na broodwinner sterf

 

News  Date: 26 March 2010

 

Die tragiese dood van ‘n oud-inwoner van Louis Trichardt verlede week op Ermelo was nie net ernstige trauma vir sy gesin nie. Dit het hulle ook in ‘n bedenklike finansiële toestand agtergelaat.

Die gesin van Niel en Susan Kleinschmidt het onlangs uit Louis Trichardt na Ermelo getrek, waar Niel op 13 Maart begin werk het by ‘n sekuriteitsmaatskappy.

Sy loopbaan is egter op ‘n rampspoedige wyse kortgeknip, toe hy verlede week naby Ermelo in ‘n dam beland het en vermoedelik aan ‘n hartkramp oorlede is.

Die begrafnis is Vrydag (26 Maart) op Brits.

Susan, wat vroeër by die Zoutpansberg Privaat Hospitaal op Louis Trichardt gewerk het, is saam met haar drie kinders ná die tragiese voorval in uiters moeilike omstandighede agtergelaat.

Vriende op Louis Trichardt het ten behoewe van die gesin ‘n trustrekening met behulp van ‘n plaaslike prokureursonderneming geopen en ‘n beroep op inwoners gedoen wat bereid is om bystand te verleen.

Die trustrekening is by FNB, nommer 62057055066, takkode 260 149, met die verwysing: Susan.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines