ADVERTISEMENT:

 

Wyle Oom Mannetjies Bergh (91). Foto verskaf.

Oom Maanetjies sterf stilweg in eie tuin

 

News  Date: 02 April 2010

 

Die 91-jarige mnr. Hans Jurgens Lombard Bergh, beter bekend as oom Mannetjies, is vroeër die maand stil oorlede in sy eie tuin.
Oom Mannetjies is op 11 Februarie 1919 in die Soutpansberg-distrik gebore en het skoolgegaan op Louis Trichardt en in die destydse Pietersburg.
Op 20-jarige ouderdom was hy ‘n soldaat wat in Noord-Afrika en Italië geveg het tydens die tweede Wêreldoorlog (1939 – 1945). Ná sy terugkeer na Suid-Afrika ontmoet hy sy eggenote, Carolina Albasini, in 1946. Twee seuns word uit hul huwelik gebore.
Oom Mannetjies het vanaf 1937 by die Louis Trichardt Munisipaliteit gewerk en was bekend vir sy kennis van provinsiale sake. Jare later, in 1979, tree hy af as die Klerk van die Raad.
Tot en met sy afsterwe het Oom Mannetjies in sy huis gebly in President Steynstraat en sal deur sy familie onthou word as ‘n onafhanklike mens. Hy is op Maandag, 8 Maart, in sy tuin, waar hy ure gespandeer het, oorlede.
Oom Mannetjies is op 12 Maart begrawe. Hy word oorleef deur sy twee seuns, Martin en Tertius, ses kleinkinders en een agterkleinkind.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines