ADVERTISEMENT:

 

Lede van die Soutpansberg Dorpswag, plaaswag en SAPD het gedurende Maart aan ‘n misdaadvoorkomingsoperasie deelgeneem. Hulle is voor van links mnre. Jannie van Zyl, Danie Pita, Dirk Meissenheimer (voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag), kapt. Gawie Jordaan, sers. Pieter de Jager, mnr. Shaun Atterburry en AO Danie Henning. Agter is lt-kol. Dries Roussouw. Foto verskaf.

Samewerking met die polisie beïndruk

 

News  Date: 16 April 2010

 

Misdadigers sal voortaan moet ligloop vir plaaslike buurt- en plaaswagorganisasies.

Mnr. Dirk Meissenheimer, voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag, sowel as die polisie se lt-kol. Dries Rossouw en kapt. Gawie Jordaan het hulle waardering uitgespreek vir die goeie samewerking wat besig is om te ontwikkel tussen al die veiligheidstrukture in die dorp.

Gedurende Maart het ‘n gesamentlike operasie, gelei deur die Soutpansberg Dorpswag, plaaswag en SAPD, almal se verwagtinge oortref.

Lede van al die organisasies het ‘n span gevorm en vir die naweek vanaf 26 tot 28 Maart veral plase wat swaar deur wildstropers geteiken word, gepatrolleer. Daar is heelwat bewyse van die stropers se onheilige aktiwiteite in die veld gekry.

Draadstrikke is gevind en vernietig. In een van hierdie strikke is daar ook afgekom op die karkas van ‘n jong blouwildebees wat reeds vir drie dae dood was.

“Al die vleis van onder die boud is afgestroop en net die skoon been het oorgebly,” het Meissenheimer gesê.

Later die aand is daar ook twee onwettige immigrante, wat in die veld gebly het, in hegtenis geneem.

Saterdag is van die ander plase in die streek ook gepatrolleer.

Meissenheimer en Jordaan het hulle tevredenheid uitgespreek met die sukses van die operasie. Hulle het die hoop uitgespreek dat hierdie operasie ‘n gereelde instelling kan word, sodat daar saamgewerk kan word om misdaad te bekamp.

Na afloop van die operasie het die dorpswag hulle opregte dank uitgespreek teenoor lt-kol. Rambau en kol. Ramavho van die SAPD.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines