ADVERTISEMENT:

 

Tharien Guillaume, Graad 11-leerder van Hoërskool Louis Trichardt, gaan vir ses weke na Duitsland. Sy is as Limpopo wenner van die Rojac Redenaarskompetisie aangewys.

Tharien "wen" ´n besoek aan Duitsland

 

News  Date: 23 April 2010

 

Tharien Guillaume, Limpopo-wenner van die Rojac Redenaarskompetisie, het die vooruitsig om in Desember haar tasse te pak en as ’n uitruilstudent na Duitsland te gaan.

Tharien, ’n Graad 11-leerder van Hoërskool Louis Trichardt, het op 17 April aan die finale rondte in Polokwane deelgeneem.

Dit is toe dat sy onverwags ‘n kans gekry het om alles wat sy op haar hart het om vir president Zuma te sê, voor die gehoor uit te spreek. Die onderwerp wat Tharien vir haar onvoorbereide toespraak gekies het, wasWhat I would like to tell the president.

Tharien sê dat sy genoem het dat die president moet toesien dat die grondwet toegepas word en dat hy daaraan moet dink wat die mense van Suid-Afrika van hom dink.

Die tema van Tharien se voorbereide toespraak was Global Warming. Sy het gesê dat aardverwarming nie ’n natuurlike siklus is wat die aarde ondergaan nie, maar ’n skrikwekkende krisis.

“As ons nie ons planeet se hulpkreet beantwoord nie, kan die menslike spesie ook uitwissing in die gesig staar,” het Tharien gesê.

Nou gaan Tharien die kans kry om haar land en provinsie vir ses weke in Duitsland te verteenwoordig.

“Ek was baie, baie verbaas toe ek wen! Maar ek is baie opgewonde om ’n ambassadeur vir my land te wees. Ek kan nie wag om oorsee te gaan en aan al die nuwighede blootgestel te word nie,” het Tharien gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines