

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 May 2010
Die Universiteit van Venda (Univen) het hul visekanselierstoekenning vir uitnemendheid in navorsing op 13 April gemaak. Die prys vir die 2009 Beste Algehele Navorser is gedeel deur drie kandidate.
Prof. Natasha Potgieter van die Skool vir Wiskundige en Natuurwetenskappe deel die toekenning met prof. Theuns van Ree van dieselfde skool en prof. XG Mbhenyane, onder-visekanselier akademies.
Potgieter, wat verbonde is aan die Departement Mikrobiologie,het gedurende 2008 en 2009 aan ses verskillende projekte oor water, sanitasie en higiëne en die impak daarvan op verskillende gemeenskappe, gewerk. Die meeste projekte is in die Vhembe-distrik gedoen, maar een projek het die hele land betrek. Dit het gehandel oor die wyse waarop water, sanitasie en higiëne mense met HIV/Vigs se lewens beïnvloed.
Die doel van die navorsing was om data beskikbaar te stel vir gesondheids- en waterowerhede om sodoende beleidmakers by te staan en rigting te gee. Dit gee hulle ‘n beeld van wat in die omgewing aangaan en gee aanbevelings oor wat hulle te doen staan om positiewe veranderings teweeg te bring.
Potgieter is al dertien jaar aan Univen verbonde, nadat sy ongeveer tien jaar aan die Universiteit van Pretoria klasgegee het. Sy het haar doktorsgraad in 2007 aan UP behaal en werk baie nou saam met die Universiteit van Johannesburg se Water- en Gesondheidsnavorsingseenheid in haar navorsing op die gebied van watersuiwering. Potgieter het al 40 artikels gepubliseer in nasionale en internasionale wetenskaplike joernale.
Potgieter was baie bly oor die toekenning. Die wisseltrofee bly die eerste gedeelte van die jaar by haar.
“Navorsing is ‘n talent wat die Here my gegee het, en jy moet woeker daarmee,” het Potgieter gesê.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
