ADVERTISEMENT:

 

Lede van die Rotariërklub op Louis Trichardt het verlede week formeel afskeid geneem van die egpaar Johan en Virgi Venter (voor). In die foto saam met die egpaar is (agter, van links) Rotariërs Frank Terink, John Le Cornu, Ronnie Roux en Ian Bannatyne. Foto verskaf.

Bekende egpaar verlaat Louis Trichardt

 

News  Date: 18 June 2010

 

Een van die dorp se bekendste egpare, oom Johan en tannie Virgi Venter, verlaat Louis Trichardt en gaan nou in Newcastle in Kwazulu-Natal woon.

Tydens ‘n onthaal by die NG Kerk Louis Trichardt op Woensdag, 9 Junie, is formeel afskeid geneem van dié bekende egpaar, wat vir baie jare op verskeie fronte bedrywig was in die sosiale en sakelewe op die dorp.

Oom Johan is onder meer die laaste oorlewende stigterslid van die Rotariër klub op die dorp. Die klub is in 1959 hier gestig.

Verskeie lede van die klub was teenwoordig tydens verlede week se afskeidsfunksie.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines