ADVERTISEMENT:

 

Koue knou Soutpansberg landbougebied

 

News  Date: 25 June 2010

 

Mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou Unie (DLU), het gesê dat die “onverwagte” koue na die buitengewone lang “somer” groot skade aan gewasse in die Soutpansberg aangerig het.

Mnr. Robert Gallon, voorsitter van Alldays Boereverening, het gerapporteer dat groot rypskade in die Weipe-gebied en teen die Magalakwenarivier voorgekom het. “Spanspekke, babagroente, suikermielies en ander gewasse het doodgeryp,” het Gallon gesê. Volgens sy skatting het 30% tot 100% van gewasse doodgeryp. Dit wil voorkom asof meeste van die suikermielie-aanplantings by Pontdrift ook die afgelope week doodgeryp het. Die koue was besonder straf met die kwik wat op plekke tot –100C gedaal het. Volgens van die boere wat lank in die gebied boer, was dit een van die heel koudste aande ooit.

Mnr. Japie van der Goot, voorsitter van die Bobrak Boerevereniging,sê geweldige skade is ook in die Vivo/Dendron-gebied aangemeld. Van der Goot het gesê swartryp het die gebied op 16 Junie getref, met witryp op die 17de. Hy bereken dat 60% van die oes rypskade opgedoen het. Baie tamaties, aartappels en uie het doodgeryp.

Vanaf Waterpoort het mnr. Rudolf Otto, voorsitter van die Waterpoort Boerevereniging, aangedui dat skade wel in die gebied voorgekom het. In die Waterpoort sandveld was daar 10% tot 15% skade aan babagroente en suikermielies. Langs die Sandrivier was die skade tussen 40% en 50% aan spanspek, babagroente, tamaties en suikermielies.

Hoffman het gesê dat die boereverenigings van Mopani, Bandelierkop, Levubu en Louis Trichardt min of geen rypskade aangemeld het. Hy het gesê dat boere die koue weer verwag het, maar dat die graad daarvan effens erger was as waarop daar gehoop is.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines