ADVERTISEMENT:

 

Wyle Jurgens van den Heever (36).

Bekende jong man sterf in motorongeluk

 

News  Date: 09 July 2010

 

Inwoners is die afgelope week geskok met die nuus van die dood van die 36-jarige Jurgens van den Heever.

Jurgens, oudste seun van Louis en Florence van den Heever van Louis Trichardt, is vroeg Donderdagoggend, 1 Julie in ‘n motorongeluk naby Modimolle (Nylstroom) oorlede. Geen ander voertuie was in die ongeluk, wat omstreeks 04:30 plaasgevind het, betrokke nie. Dit is onduidelik wat presies gebeur het. Jurgens, wat vanaf Pretoria na Louis Trichardt op reis was vir ‘n verrassingsbesoek aan sy ouers en vriende, se voertuig het die pad teen hoë spoed verlaat en die veld ingeploeg. Hy is op slag dood.

Jurgens het beide sy laer- en hoërskoolloopbaan op Louis Trichardt voltooi. Hy het in 1991 gematrikuleer, waarna hy sy militêre diensplig by die seinkorps op die dorp voltooi het. Sowat ses jaar gelede het hy na Pretoria verhuis, waar hy as makelaar vir Momentum opgetree het. Voor dit het hy as makelaar by Nedbank op Louis Trichardt gewerk.

Jurgens sal onthou word as iemand wat altyd ander mense se geluk bo sy eie gestel het.

“Hy was ‘n mens mens. Hy het sy bes probeer om mense gelukkig te hou. Maak nie saak wie jy was nie, hy het met jou gesels,” onthou ma Florence hom.

“Dit wat jy gesien het, is wat jy gekry het,” voeg broer Nicholas by.

‘n Begrafnisdiens vir Jurgens het Woensdag, 7 Julie vanuit die Volle Evangeliekerk op Louis Trichardt plaasgevind. Hy word oorleef deur sy ouers, Louis en Florence, sy broer Nicholas en dié se eggenote Marjorie en hul kinders (Louis, Mia en Dawid) en vriendin Marinda van der Walt van Louis Trichardt.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle bygestaan het en steeds bystaan in hul tyd van hartseer.

“Die gemeenskap van Louis Trichardt is ongelooflik. Ons wil niemand by name bedank nie, want daar is net te veel,” sê die familie. Hulle het wel vir mnr. Willem Nel van Modimolle bedank vir sy hulp na afloop van die ongeluk.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines