

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 July 2010
Die skoner geslag van Louis Trichardt het Maandag kans gehad om saam met Arod, van Jakaranda RMFM se Best of Arod-faam, te kuier.
Dié aantreklike 25-jarige Arod is tans besig om deur die Limpopo Provinsie te reis opsoek na ‘n meisie.
Hy het as ‘n leerling-omroeper begin met ´n ontbyt program, wat later aanleiding gegee het tot die Best of Arod-toer en nou die Help Arod Find a Girlfriend toer.
“Die ouens by die radiostasie het uitgevind ek het nie ‘n meisie nie en toe het hulle besluit om ‘n plan te maak,” lag Arod.
Arod het in Louis Trichardt beland, nadat ‘n kollega van hom, Frankie du Toit, dit vir hom gereël het.
Frankie het vroeër die jaar vir Esmé Mostert en ‘n paar van haar vriendinne ontmoet, met hulle vakansie op die radiostasie se jaarlikse Loveboat-reis. Met die hulp van Esmé en haar vriendinne het hulle vinnig vir Arod verblyf gereël in Louis Trichardt, sodat hy ‘n paar van die plaaslike skoonhede kon ontmoet.
Tot dusver het Arod al saam met leeus geloop tydens sy besoek aan Polokwane, waarna hy na ‘n sokkerwedstryd gaan kyk het. Ná sy besoek sal Arod heel waarskynlik na Botswana toe gaan, voordat hy sy toer voltooi.
“Maar ek weet nie, want ek vind gewoonlik eers die dag voor die tyd uit waar my volgende slaapplek is.”
Die vroue het ná hul kuiertjie Die Grasdak en Gateway Inn bedank wat Arod se aandete en verblyf geborg het.

ADVERTISEMENT:
