ADVERTISEMENT:

 

Druk nog meer op matrieks ná uitstel

 

News  Date: 03 September 2010

 

‘n Departementele bron het die aanvangsdatum van 6 September bevestig en ook gesê dat die meeste skole in die distrik in totaliteit gesluit is en dat bitter min skole oop gebly het.

Mnr. Theo Muller, adjunkhoof van Hoërskool Louis Trichardt, het hierdie week gesê dat die skool se matrikulante meestal gereed behoort te wees vir die eksamen. “Die rooster se vakke is egter baie opmekaar. Hulle begin hierdie week met interne vraestelle, soos Lewensoriëntering. Ons het die departementele rooster ontvang, maar die distriksvraestelle, waaronder Ingenieursgrafika en Ontwerp, moet nog op die rooster bygevoeg word,” het mnr. Muller gesê.

Vir party matrieks val die rooster so dat vyf vraestelle in drie dae geskryf word. Me. Annemie Grobler sê dat haar dogter, Jorica, so getref word, maar dat daar ander matrieks kan wees wat dit nog slegter getref het. “Ons is darem bly dat daar nie nog vraestelle ná die matriekafskeid op 23 September en in die skoolvakansie geskryf ga an word nie. Daar is nou ongelukkig ook meisies wat die dag van die afskeid dalk skryf en van hulle afsprake sal moet skuif,” sê me. Grobler.

Die algemene gevoel onder die ouers is dat dit jammer is dat, te midde van die staking om beter voordele, dit die kinders is wat aan die kortste end trek. “Dit is sleg dat die kinders in hierdie situasie die spit afbyt. Ek is self ‘n onderwyser en veronderstel om te staak. Ons kan ons seëninge tel dat die kinders by ons skool nie so sleg getref is nie,” sê me. Grobler, wat beide ‘n matriekouer en onderwyser by die plaaslike hoërskool is.

‘n Ander matriekouer, me. Ena Viviers, het gesê dat sy gehoor het dat onderwysers se salarisse in elk geval afgetrek word, al het hulle nie gestaak nie en dat sy dit bejammerenswaardig vind. Volgens Muller word daar egter ‘n spesiale register deur die onderwysers wat teenwoordig is, ingevul en na die departement gestuur. “Hulle het in hierdie stadium gesê dat die onderwysers wat gewerk het, se salarisse nie afgetrek sal word nie. ’n Vorige keer het ‘n soortgelyke belofte egter nie gerealiseer nie en is onderwysers se salarisse voor die voet afgetrek en eers later terugbetaal,”het Muller gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines