ADVERTISEMENT:

 

Some of the students attending a course in basic first aid in Louis Trichardt. The course was facilitated by the Soutpansberg District Farmers Union and presented in the hall of the local MOTHS in Burger Street. Amongst the students were members of the Soutpansberg Town Watch, staff of a local pivate hospital and also staff members from other local businesses.

Opleiding bou ´n sterk toekoms, sê SDLU

 

News  Date: 03 September 2010

 

“Opleiding is die beste en mees volhoubare manier om armoede nek om te draai. Daarmee saam leer mense vaardighede wat hul selfvertroue ‘n groot hupstoot gee,” sê mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou Unie (SDLU).

Hy sê hoewel opleiding geweldig baie organisasie en tyd verg, is dit beslis al die moeite werd. Hy het boere en plaaswerkers hartlik bedank wat bereid is om hul tyd en energie aan dié belangrike saak af te staan. Die SDLU is geesdriftig oor die groot hoeveelheid AgriSETA opleiding wat in die gebied plaasvind met behulp van hoë-gehalte kursusse wat deur Skills of Africa aangebied word.

Kursusse vir 655 leerders is reeds deur AgriSETA vir vanjaar en volgende jaar goedgekeur en befonds. Hiervan is 437 werkers se kursusse reeds bespreek. Daar is nog plek vir 218 leerders wat by die opleiding kan baat in kort kursusse soos trekkerbestuurder, vurkhyseroperateur, eerstehulp, brandbestryding, herken van plae en siektes op gewasse en beheer van plae en siektes op gewasse. Lede wat nog graag aan dié belangrike opledingsprojek wil deelneem, kan met die plaaslike DLU-kantoor op Louis Trichardt skakel.

Meer as 180 leerders is tans besig met verskeie kort kursusse wat nog tot November vanjaar aangebied word.

Mev. Roelien van der Walt, arbeidskomiteeverteenwooriger van die SDLU, sê leerlingskappe in landbourigtings (eenjaar kursus volgens die NQF-vlakke) en vakleerlingskappe (tweejaar kursus) word vanaf 2011 in die vooruitsig gestel. Daar sal aanvanklik met die opleiding van dieselwerktuigkundiges begin word as ‘n loodsprojek. Daarna sal ander vakleerlingskappe aangepak word. Die SDLU is reeds in die beplanningsfase van hierdie langtermyn projek . Die eerste fase ondersoeke is reeds afgehandel.

Van der Walt sê kennis en opleiding bou ‘n sterk toekoms. Sy het die AgriSETA bedank vir die ondersteuning en befondsing, waarsonder die groot getal leerders nooit die kans sou gehad het om die nasionaal-erkende vaardighede aan te leer nie. Sy het ook Skills of Africa becank vir hul hoë-gehalte opleiding.

“Werkers moet werklik presteer om die nasionaal geakrediteerde sertifikaat te verwerf.”

Van der Walt het ook koördineerders Stephen Hoffman, Fritz Ahrens, Jacques Bouwer, Erika Helm en Frans Viviers, tesame met SDLU sekretaresse Hester Bayes, geloof vir die toewyding, geesdrif en harde werk wat meehelp dat al die opleiding vlot verloop.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines