ADVERTISEMENT:

 

SBBV wil waterkrisis op Raad se rekening oplos

 

News  Date: 17 September 2010

 

Na ‘n waterlose week is Louis Trichardt inwoners nou keelvol vir die feit dat hul munisipaliteit nie in staat is om water, een van die mees basiese dienste, volhoubaar te verskaf nie.

Verlede week was groot dele van die dorp vir drie dae en langer sonder water. Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) het besluit dat genoeg nou genoeg is. Die SBBV gaan watertenks met die nodige toebehore met munisipale geld installeer.

“Ons gaan nou die mees noodsaaklike dienste, soos water, namens die munisipaliteit aanspreek. Die SBBV het reeds al die verskaffers van watertenks en drukpompe versoek om die SBBV van kwotasies vir watertenks en drukpompe te voorsien. Die SBBV sal dan namens die munisipaliteit die nodige infrastruktuur by lede se huise laat installeer,” het die SBBV Maandag in ‘n persverklaring gesê.

Volgens die voorsitter, mnr. Frans Prinsloo, het die SBBV daarin geslaag om met behulp van ‘n wettige weerhoudingsaksie reeds R3 500 000 se trustfondse te versamel. Daardie fondse sal nou aangewend word om toegang tot water te verskaf.

“Toegang tot water is ‘n basiese reg en die munisipaliteit, hetsy op plaaslike of distriksvlak, is veronderstel om aan daardie reg uitvoering te gee. Ons sal nou egter uit noodweer die munisipaliteit moet bystaan sodat die funksie behoorlik vervul kan word,” sê Prinsloo.

Die Makhado Munisipaliteit het Maandag ontken dat daar ‘n waterkrisis is.

“Ons het nie ‘n waterkrisis nie, maar ‘n uitdaging in die sin dat daar ‘n groter aanvraag is as die kapasiteit om water te voorsien,” het die munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bobodi gesê. Bobodi het verbruikers gewaarsku om nie water te gebruik om tuine nat te lei en motors te was nie.

Die oorsaak van die wateronderbreking is deur Bobodi aangedui as ´n “lek in die mangat by pompstasie 3 langs Ridgeway Skool.”

Bobodi sê voorts dat die lek op Donderdag “ontdek” is en op Vrydag (10de) reggemaak is. Hy het bevestig dat feitlik elke deel van die dorp deur die lek geaffekteer is.

“Ek is baie omgekrap oor die water wat so af is. By ons was dit al af op Vrydag, 3 September, en ook met tye verlede week. Ons betaal ons munisipale rekenings, maar ons verduur hierdie ongerief. Hulle stel ons ook nie eers in kennis nie. Die groot vraag as ‘n mens van die werk af kom, is of daar water is of nie,” sê me. Ansie van Jaarsveld, wat in die gedeelte van die dorp Wes van die N1 woon.

Me. Melanie Denner van die nuwe uitbreiding sê dat hulle water “normaalweg” af is van 12:00 tot 17:00, maar dat hulle verlede week van 08:30 tot 19:30 geen watervoorsiening gehad het nie. Met die aankom van die water het haar seun se pragtige Lionhead-goudvis gevrek as gevolg van te veel chemiese stowwe in die water.

Inwoners wat die noodnommer geskakel het om uit te vind wat met die watervoorsiening aan die gang is, het verskillende antwoorde gekry. Dit het gewissel van “Ons mag julle nie sê nie” tot "ons werk daaraan, dit sal nou-nou aankom” tot “die reservoirs is leeg”.

By navraag omtrent die stand van die reservoirs het die munispale woordvoerder Maandag per SMS gesê dat die “hospitaal reservoir vol is, uitbreiding 7 reservoir 97% water het, Berg 17% en die Mowcop reservoir 30.9%."

Intussen merk inwoners op dat baie kosbare water vir lang tye verlore gaan by lekke in die nuwe uitbreiding sowel as die ou dorp. Duisende liters drinkwater vloei daagliks die strate af. Van die lekke is reeds vir etlike weke sigbaar. Dit laat die vraag ontstaan, wie nou eitlik die grootste vermorser van water in Louis Trichardt is - die inwoners of die munisipaliteit? Na ‘n waterlose week is Louis Trichardt inwoners nou keelvol vir die feit dat hul munisipaliteit nie in staat is om water, een van die mees basiese dienste, volhoubaar te verskaf nie. Verlede week was groot dele van die dorp vir drie dae en langer sonder water. Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) het besluit dat genoeg nou genoeg is. Die SBBV gaan watertenks met die nodige toebehore met munisipale geld installeer. “Ons gaan nou die mees noodsaaklike dienste, soos water, namens die munisipaliteit aanspreek. Die SBBV het reeds al die verskaffers van watertenks en drukpompe versoek om die SBBV van kwotasies vir watertenks en drukpompe te voorsien. Die SBBV sal dan namens die munisipaliteit die nodige infrastruktuur by lede se huise laat installeer,” het die SBBV Maandag in ‘n persverklaring gesê. Volgens die voorsitter, mnr. Frans Prinsloo, het die SBBV daarin geslaag om met behulp van ‘n wettige weerhoudingsaksie reeds R3 500 000 se trustfondse te versamel. Daardie fondse sal nou aangewend word om toegang tot water te verskaf. “Toegang tot water is ‘n basiese reg en die munisipaliteit, hetsy op plaaslike of distriksvlak, is veronderstel om aan daardie reg uitvoering te gee. Ons sal nou egter uit noodweer die munisipaliteit moet bystaan sodat die funksie behoorlik vervul kan word,” sê Prinsloo. Die Makhado Munisipaliteit het Maandag ontken dat daar ‘n waterkrisis is.

 “Ons het nie ‘n waterkrisis nie, maar ‘n uitdaging in die sin dat daar ‘n groter aanvraag is as die kapasiteit om water te voorsien,” het die munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bobodi gesê. Bobodi het verbruikers gewaarsku om nie water te gebruik om tuine nat te lei en motors te was nie. Die oorsaak van die wateronderbreking is deur Bobodi aangedui as ´n “lek in die mangat by pompstasie 3 langs Ridgeway Skool.” Bobodi sê voorts dat die lek op Donderdag “ontdek” is en op Vrydag (10de) reggemaak is. Hy het bevestig dat feitlik elke deel van die dorp deur die lek geaffekteer is.

“Ek is baie omgekrap oor die water wat so af is. By ons was dit al af op Vrydag, 3 September, en ook met tye verlede week. Ons betaal ons munisipale rekenings, maar ons verduur hierdie ongerief. Hulle stel ons ook nie eers in kennis nie. Die groot vraag as ‘n mens van die werk af kom, is of daar water is of nie,” sê me. Ansie van Jaarsveld, wat in die gedeelte van die dorp Wes van die N1 woon. Me. Melanie Denner van die nuwe uitbreiding sê dat hulle water “normaalweg” af is van 12:00 tot 17:00, maar dat hulle verlede week van 08:30 tot 19:30 geen watervoorsiening gehad het nie. Met die aankom van die water het haar seun se pragtige Lionhead-goudvis gevrek as gevolg van te veel chemiese stowwe in die water. Inwoners wat die noodnommer geskakel het om uit te vind wat met die watervoorsiening aan die gang is, het verskillende antwoorde gekry.

Dit het gewissel van “Ons mag julle nie sê nie” tot "ons werk daaraan, dit sal nou-nou aankom” tot “die reservoirs is leeg”. By navraag omtrent die stand van die reservoirs het die munispale woordvoerder Maandag per SMS gesê dat die “hospitaal reservoir vol is, uitbreiding 7 reservoir 97% water het, Berg 17% en die Mowcop reservoir 30.9%." Intussen merk inwoners op dat baie kosbare water vir lang tye verlore gaan by lekke in die nuwe uitbreiding sowel as die ou dorp. Duisende liters drinkwater vloei daagliks die strate af. Van die lekke is reeds vir etlike weke sigbaar.

Dit laat die vraag ontstaan, wie nou eitlik die grootste vermorser van water in Louis Trichardt is - die inwoners of die munisipaliteit?

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines